Woord vir Vandag - 1 Julie 2026

Loading player...
“Ek kan net by God stil wees…” Psalm 62:2 ABA
Geestelike paaie (6)
Die pad van besinning. Mense wat op die besinningspad is, is lief vir stilte en ononderbroke alleentyd. Jou ouers het jou heel waarskynlik as kind aangemoedig om meer saam met die ander kinders buite te gaan speel. Nabetragting kom natuurlik vir jou. Jy voel dikwels soos ‘n waarnemer van die lewe. Hier is ‘n paar Skrifgedeeltes waarmee jy maklik identifiseer: ‘…Oordink dit in die nag op jou bed en wees rustig. Sela’ (Psalm 4:5 NLV). ‘Wees stil in die Here, en wag geduldig op Hom. Moenie die mens beny wat op sý manier floreer, of jou verknies oor sy bose planne nie’ (Psalm 37:7 NLV). ‘Wees stil en weet Ek is God!..’ (Psalm 46:11 NLV). ‘Ek kan net by God stil wees, dit is Hý wat my red.’ Jy voel God se teenwoordigheid die beste aan wanneer afleidings en geluide uit jou omgewing verwyder word. Beelde, metafore en prente help jou terwyl jy bid. As jy te besig raak of te veel tyd saam met ander mense deurbring, begin jy uitgeput voel. Jy benodig nie veel eksterne stimulasie nie. Om tyd te maak om alleen en in stilte na God te luister, is noodsaaklik vir jou siel se gesondheid en om ‘n verdiepende gevoel van sy teenwoordigheid te ervaar. Jy benodig gereelde, intense, onversteurde tyd alleen saam met God. Hier is egter ‘n woord van waarskuwing uit die Skrif: ‘Geliefdes, as God ons dan só tot die uiterste toe liefgehad het, moet ons ook mekaar tot die uiterste toe liefhê’ (1 Johannes 4:11 NLV). Liefde verg tyd en moeite. Soms vereis dit opoffering. Een van die beste maniere om jou liefde vir God te bewys, is om dit aan die mense rondom jou, wat God liefhet, te betoon.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min