Woord vir Vandag - 2 Julie 2026

Loading player...
“My liggaam en my hart kan kwyn, maar God is my blywende krag en my erfdeel vir altyd.” Psalm 73:26 NLV
Met God se hulp, sal jy sukses behaal
Sommige van die wêreld se grootste presteerders het met fisiese gestremdhede deur die lewe gegaan en ongelooflike teenspoed oorgekom. Sir Walter Scott was kreupel. John Bunyan, skrywer van The Pilgrim’s Progress, is gevange geneem. George Washington, Amerika se eerste president, het amper in die sneeu by Valley Forge verkluim en van die honger omgekom. Abraham Lincoln het slawerny in Amerika beëindig, maar hy het in uiterste armoede grootgeword en het voortydig in ‘n sluipmoord gesterf. Die Britse Eerste Minister Benjamin Disraeli is aan bittere godsdienstige vooroordeel onderwerp. Franklin D. Roosevelt het polio opgedoen. Ludwig van Beethoven het doof geword. Glen Cunningham, ‘n Olimpiese naelloper wat baie wêreldrekords hou, se bene is erg tydens ‘n brand beseer. Booker T. Washington, Harriet Tubman, Marion Anderson en George Washington Carver is in ‘n samelewing vol rassediskriminasie gebore. Enrico Caruso was lid van ‘n groot, arm Italiaanse gesin waar slegs ‘n paar kinders hulle babajare oorleef het. Itzhak Perlman, konsertviolis, is op vierjarige ouderdom van sy middel af verlam. Dawid se pa en familie het hom nie waardig geag om Saul as Israel se koning op te volg nie. Die samelewing sou hom sekerlik as gevolg van sy owerspel met Batseba verwerp het. Tog het God na hom as ‘…’n man na my hart…’ (Handelinge 13:22 NLV), verwys. Dawid het die volgende van God gesê: ‘My liggaam en my hart kan kwyn, maar God is my blywende krag en my erfdeel vir altyd… Ek het geskuil by die Here my God…’ (verse 26, 28 NLV). Die woord vir jou vandag is dus: met God se hulp sal jy sukses behaal.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min