Woord vir Vandag - 3 Julie 2026

Loading player...
“Sal twee mense saam op reis gaan sonder om eers af te spreek om dit te doen?” Amos 3:3 NLV
Voor jy in die huwelik tree
Hier is drie dinge waaroor jy duidelikheid moet hê voordat jy jou tot ‘n lewenslange verhouding in die huwelik verbind: 1) Het jou maat ‘n sterk verhouding met Christus? ‘Sal twee mense saam op reis gaan sonder om eers af te spreek om dit te doen ?’ (Amos 3:3 NLV). Om ‘n suksesvolle huwelik te hê, moet julle in pas en in dieselfde rigting loop. 2) Groei jou maat geestelik? ‘Sorg liewer dat julle steeds groei in die onverdiende goedheid en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus…’ (2 Petrus 3:18 NLV). As julle nie saam groei nie, sal julle uiteindelik uitmekaar groei. ‘n Gedeelde geloof en waardes sal julle vir die langtermyn bymekaar hou. 3) Watter soort gesinsagtergrond het jou maat? God kan ons help om ons probleme en gewoontes wat deur disfunksie in ons gesinne veroorsaak is, te oorkom. Julle moet egter weet waarmee julle te doen het, voordat julle ‘n belofte aflê om mekaar in goeie en slegte tye lief te hê. Paulus het geskryf: ‘Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus’ (Galasiërs 6:2 AFR83). Jy moet egter vooraf weet wat daardie laste is, voordat jy jou daartoe verbind om hulle ‘n leeftyd lank te deel. ‘Daarom - iemand wat één is met Christus, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!’ (2 Korintiërs 5:17 NLV). Dit beteken egter nie dat jy die verlede kan toesmeer of daaroor kan lieg nie. Wedersydse deursigtigheid is van uiterste belang. Wanneer julle die volle waarheid oor mekaar ken, verloor die verlede sy krag om julle hede en toekoms te saboteer. Geen eggenoot is perfek nie, maar moenie met minder as God se beste tevrede wees nie.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min