Woord vir Vandag - 4 Julie 2026

Loading player...
“Net so moet julle geduldig wees. En skep moed, want die koms van die Here is naby.” Jakobus 5:8 NLV
Beoefen geduld
Geduld, vanuit ‘n Bybelse perspektief, behels die volgende vier dinge: 1) Vertroue in God se onfeilbare liefde en getrouheid teenoor ons: ‘…Sy liefde het geen einde nie. Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut’ (Klaagliedere 3:22-23 NLV). 2) Vertroue dat Hy sy beloftes aan ons sal nakom: ‘Loof die Here… Nie een woord van al die goeie beloftes… het onvervuld gebly nie’ (1 Konings 8:56 NLV). 3) Vertroue dat Hy alles wat betrekking op ons het, onder beheer het: ‘Die Here sal vir my alles goed laat afloop…’ (Psalm 138:8 AFR83). 4) Vertroue dat Hy selfs in die moeilikste omstandighede, alles ten goede vir ons sal laat uitwerk: ‘En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet…’ (Romeine 8:28 NLV). Vertroue in God stel ons in staat om volgens die Woord te leef. Ongeduld is die bron van soveel van ons mislukkings. Daarom het die apostel Jakobus geskryf: ‘Net so moet julle geduldig wees. En skep moed, want die koms van die Here is naby.’ Kyk na Moses: sy ongeduld het veroorsaak dat hy die rots geslaan het in plaas daarvan om daarmee te praat soos God beveel het; daarom het hy die Beloofde Land nie binnegegaan nie (sien Numeri 20:1-13). Kyk na Abraham: sy ongeduld terwyl hy gewag het vir God se belofte van ‘n seun om vervul te word, het tot die geboorte van Ismael en ernstige probleme in sy gesin, gelei (sien Genesis 16:1-16). Daarom het Paulus geskryf: ‘Ons moet leer uit wat al lank gelede reeds in die Skrif opgeteken is. Die standvastigheid en die bemoediging wat die Skrif aan ons gee, help ons om aan ons toekomsverwagting te bly vashou’ (Romeine 15:4 NLV). Die woord vir jou vandag is dus – beoefen geduld!
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min