Woord vir Vandag - 5 Julie 2026

Loading player...
“Tevergeefs werk jy so hard, van vroegoggend tot laatnag… vir hulle wat Hy liefhet, gee Hy dit in hulle slaap.” Psalm 127:2 NLV
Hoe om ‘n goeie dag te hê
In die Westerse kultuur dink ons dat ‘n dag begin wanneer die son opkom. Die Bybel sê egter: ‘…Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag’ (Genesis 1:5 AFR53). Elke dag begin met die aand. Die skrywer, Eugene Peterson, het opgemerk dat die Bybel op hierdie manier ons help om te onthou: ‘Alles hang nie van my af nie. Ek gaan slaap; God gaan werk. Dis sy dag. Die wêreld hou aan draai, die getye eb en vloei en lewens begin en eindig, selfs al is ek nie daar om enige iets daarvan te bewaak nie. God is teenwoordig wanneer ek slaap.’ Dus het die Psalmdigter geskryf: ‘Tevergeefs werk jy so hard, van vroegoggend tot laatnag, soos jy swoeg om te bestaan, maar vir hulle wat Hy liefhet, gee Hy dit in hulle slaap’ (Psalm 127:2 NLV). Daar word beraam dat daar in Amerika 24 000 mense jaarliks in motorongelukke, wat deur slaapgebrek en moegheid veroorsaak word, sterf. Gebrek aan slaap veroorsaak dat mense met hul eggenote en vriende stry, minder goeie werk lewer, minder liefdevol en meer geïrriteerd met kinders en geliefdes is en oor die algemeen ellendig voel. Hoe kan jy dus ‘n ‘goeie dag’ hê? Voordat jy gaan slaap, neem ‘n paar minute om jou dag met God te hersien. Probeer om enige huishoudelike konflikte voor slaaptyd op te los. Paulus het geskryf: ‘…Moenie tot die aand toe kwaad bly, en die duiwel so ‘n houvas gee nie’ (Efesiërs 4:26-27 NLV). Bely enige sonde wat by jou opkom en vra vergifnis daarvoor. Neem die tyd om aan die oomblikke wat jy seën ervaar het, te dink en daarvoor dankie te sê. Gee God met ander woorde die laaste sê in jou dag.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min