Woord vir Vandag - 6 Julie 2026

Loading player...
“…En eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie.” Jakobus 4:2 NLV
Het jy daaroor gebid?
Van die begin tot aan die einde van die Bybel vind ons klinkklare bewyse dat God gebede verhoor. Dinge wat ons dink onmoontlik is, doen God wanneer mense daarvoor bid! Wanneer ons bid, vereenselwig ons onsself met God se doeleindes en maak van die krag van die Almagtige gebruik. Omdat ons bid, werk God deur ons op maniere wat Hy andersins nie sou doen nie. God het sekere dinge van gebed afhanklik gemaak, dinge wat nooit sal plaasvind tensy ons bid nie. Kan God doen wat Hy wil, sonder dat ons daaroor bid? Natuurlik. God het egter bepaal dat Hy die gebede van sy mense sal gebruik om sy doeleindes te bereik. Wanneer ons nie bid nie, beperk ons dit wat God in ons lewens sal doen. Dit mag dalk vreemd klink, maar as dit nie waar was nie, hoekom sou Jakobus dan geskryf het: ‘En eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie’? Waarom sou Paulus sy vriende vra: “…bid vir ons sodat die woord van die Here vinnig mag versprei en net soos by julle met eerbied ontvang word. Bid ook dat ons bewaar sal word van slegte en bose mense….’ (2 Tessalonisense 3:1-2 NLV), as hy nie geglo het dat gebede die krag het om sy omstandighede te verander nie? Omdat beide Jakobus en Paulus al die seën wat vir hulle beskikbaar was wou hê, het hulle nie net self gebid nie, maar ook ander gelowiges gewerf om vir hulle te bid. Hulle wou nooit dit wat God in en deur hulle wil doen beperk deur nie te bid nie. Indien jy al die seën wat God beskikbaar stel wil hê, moet jy ook bid.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min