Woord vir Vandag - 7 Julie 2026

Loading player...
“Die dag dat ek U roep om hulp, val my vyande terug. Omdat God aan my kant is, weet ek dit beslis.” Psalm 56:10 NLV
Meer verantwoordelikheid verg meer gebed
Iemand het een keer gevra hoe hy George Washington onder diegene wat by die Kongres teenwoordig was, sou kon herken. Hy is meegedeel: ‘Jy kan hom maklik onderskei wanneer die Kongres bid. Washington is die enigste een wat kniel.’ Washington was bekend as ‘n man wat gebid het. Toe die lot van Amerika by Valley Forge in die weegskaal gehang het, het hy gereeld rus en verligting in gebed gevind. Eendag het ‘n boer wat verby Washington se militêre kamp op pad was, ‘n ernstige stem gehoor. Toe hy nader kom, het hy Washington op sy knieë gesien, sy wange nat van die trane. Die boer het teruggekeer huis toe en vir sy vrou gesê: ‘George Washington sal die geveg wen en die Amerikaners se onafhanklikheid verseker.’ Sy vrou het gevra: ‘Isak, wat laat jou so dink?’ Hy het geantwoord: ‘Ek het hom vandag in die bos hoor bid en die Here sal sekerlik sy gebed verhoor. Hy sal, Hannah, wees verseker, Hy sal!’ Wanneer ons minder het, is ons meer bewus van ons behoefte en bid ons meer. Soos ons egter meer verkry en bereik, word ons meer selfonderhoudend en bid ons minder. Dis ‘n fout. Hoe meer God aan jou toevertrou, hoe meer het jy sy krag, sy wysheid, sy leiding en sy genade nodig. Dawid het op ‘n troon gesit en oor Israel geregeer. Was hy trots of arrogant? Nee. ‘Die dag dat ek U roep om hulp, val my vyande terug. Omdat God aan my kant is, weet ek dit beslis… in God stel ek my vertroue. Daarom sal ek nie bang wees nie!..’ (verse 10, 12 NLV). Die woord vir jou vandag is dus: meer verantwoordelikheid verg meer gebed.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min