Woord vir Vandag - 8 Julie 2026

Loading player...
“Hy het ons gered uit die mag van die duisternis…” Kolossense 1:13 NLV
God is lief vir jou en aanvaar jou
Jimmy Wayne het nooit sy pa geken nie en sy ma het meer tyd in die tronk as daarbuite deurgebring. Toe Jimmy twaalf was, is sy ma uit die tronk vrygelaat en het sy ‘n verhouding met ‘n berugte moeilikheidmaker aangeknoop. Sy ma en haar nuwe kêrel het vir Jimmy in hul kar gelaai en vir ‘n hele jaar lank was daardie kar hulle tuiste. Toe, eendag, het hulle hom by ‘n busstasie afgelaai en weggery. Hy het geen huis, geen toekoms en geen geld gehad nie. Terwyl hy deur ‘n buurt rondgedwaal het, het hy ‘n ouer man wat houtwerk in sy motorhuis doen, gewaar. Hy het die bejaarde man genader en gevra of hy vir hom werk het. Hy het nie net ‘n werk vir Jimmy Wayne gegee nie, maar hom ook ingeneem om by hom en sy vrou te woon. Om in ‘n huis te woon het vir Jimmy soos die hemel gevoel. Tog, ten spyte van hul vriendelikheid en gasvryheid, het hy geweier om sy sak uit te pak. Vir vier dae het sy plastieksak vol klere op die vloer gelê, gereed om gegryp te word wanneer die man en vrou van plan verander. Hulle het Jimmy egter uiteindelik oortuig om hulle te vertrou om vir hom te sorg. Miskien bevraagteken jy jou plek in God se familie of sy liefde vir jou. Wat as Hy van plan verander? God het daardie vraag aan die kruis beantwoord. Toe Jesus gesterf het, is daar vir altyd in jou guns besluit. ‘Hy het ons gered uit die mag van die duisternis en ons oorgebring onder die koningsheerskappy van sy geliefde Seun.’ Wat het op die ou einde van Jimmy Wayne geword? Hy het sy plek in sy aangenome familie ingeneem, ‘n opvoeding ontvang en ‘n country-sanger en liedjieskrywer geword.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min