Woord vir Vandag - 9 Julie 2026

Loading player...
“…Maar dié wat deur die Gees beheer word – hulle gedagtes is vol van die dinge wat die Gees gelukkig maak.” Romeine 8:5 NLV
Herprogrammeer en vernuwe jou gedagtes
Neurowetenskaplikes noem dat elke klank, elke ervaring, elke bewuste gedagte en elke onbewustelike droom opgeneem en op ons eksterne hardeskyf, die serebrale korteks, gegraveer word. Vergelyk dit nou met die volgende Skrifgedeelte: ‘Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees’ (Filippense 2:5 NLV). Jesus Christus se gesindheid is die Woord van God. Jesus is immers ‘die Woord’ (sien Johannes 1:1). Wanneer jy bid, mediteer, of die Skrif memoriseer, graveer jy Jesus op jou brein. Neurologies gesproke maak jy nuwe neuroverbindings en herlei oues. Stadig maar seker word jou brein herbedraad en vernuwe. Dink so daaraan - jy laai God se woorde en gedagtes op jou hardeskyf af. Mettertyd word jou hardeskyf dan deur God se woorde en gedagtes opgegradeer, totdat Christus se gesindheid in jou gedagtes begin vorm. Mark Batterson sê dat hy die Bybel as volg lees: ‘Ek lees totdat ek ‘n vers teëkom wat my aandag trek en laat huiwer. Dis dikwels iets waaroor ek moet dink of bid. Soms is dit die oortuiging van die Heilige Gees en moet ek eers ‘n gesprek met God hê voor ek kan voortgaan. Wanneer ek by so ‘n vers kom, doen ek drie dinge: Eerstens onderstreep of omkring ek die vers in my Bybel. Tweedens skryf ek dit met die hand in my joernaal neer. Derdens skryf ek gedagtes, belydenisse en idees wat daarmee geassosieer word, neer. Wanneer ek voel dat die Heilige Gees afsluiting bring, beweeg ek aan na die volgende vers.’ Dit is drie goeie idees wat ook vir jou sal werk.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min