Woord vir Vandag - 10 Julie 2026

Loading player...
“…Dit is my liggaam, dit is vir júlle. Gebruik dit ter herinnering aan My.” 1 Korintiërs 11:24 NLV
Heilige Nagmaal
Hier is drie redes waarom jy nagmaal moet gebruik: 1) Om jou bewus van die grootheid van God se genade te maak. Niemand gaan ooit in die hemel aankom en sê: ‘Kyk wat het ek en Jesus bereik!’ nie. As jy een sent van jou sondeskuld betaal het, sou dit jou ‘n mede-verlosser met Christus gemaak het. Wat ‘n bespotting van die kruis! (sien Efesiërs 2:8-9). Die gesangeskrywer Horatio Spafford het geskryf: ‘My sin, oh the bliss of this glorious thought. My sin, not in part but the whole, is nailed to the cross, and I bear it no more. Praise the Lord, praise the Lord, O my soul!’ 2) Om jou sensitief vir sonde te hou. ‘Dit is waarom julle julleself moet ondersoek voordat julle van die brood eet en uit die beker drink. Want as julle sommer so op ‘n onbedagsame manier van die brood eet en uit die beker drink, drink en eet julle ‘n oordeel oor julleself’ (1 Korintiërs 11:28-29 NLV). Jy vra: ‘As ek sondig en nagmaal gebruik, beteken dit dat ek myself dan verdoem?’ Nee, die manier waarop jy God nader, is wat belangrik is. Jy hoef nie die nagmaalbeker te vermy nie; maar jy moet jou sondes bely en dan met dankbaarheid drink. 3) Om jou op Christus se wederkoms gefokus te hou. ‘…Ek [sal] nie weer wyn drink nie tot op daardie dag wanneer Ek opnuut die feeswyn sal drink in die koningkryk van God’ (Markus 14:25 NLV). Elke nagmaaldiens bring jou een stap nader aan die grootste nagmaaldiens van almal: die bruilofsmaal van die Lam in die hemel (sien Openbaring 19:7). Beplan jy om daar te wees?
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min