Woord vir Vandag - 11 Julie 2026

Loading player...
“Ons gee met reg eer aan dié wat in swaarkry uithou…” Jakobus 5:11 NLV
Kyk terug en word bemoedig
Jakobus het geskryf: ‘Liewe broers en susters, neem die profete wat namens die Here gepraat het, as ‘n voorbeeld van geduld in swaarkry. Ons gee met reg eer aan dié wat in swaarkry uithou. Job is ‘n voorbeeld van iemand wat geduldig volhard het. Uit wat uiteindelik met hom gebeur het, sien ons dat God se einddoel goed is. Die Here is mos vol innige meelewing en Hy gee onverdiend sy liefde’ (Jakobus 5:10-11 NLV). Hier word ons herinner om terug te kyk en bemoedig te word deur diegene wat ons vooraf gegaan het terwyl ons wag vir die Here se wederkoms. Kyk na Hosea: Sy vrou het hom verlaat, maar hy het getrou volhard en God het hul huwelik herstel (sien Hosea 3:1-3). Kyk na Daniël: Hy is in ‘n leeukuil gegooi omdat hy standvastig in sy geloof gestaan het, maar God het hom verlos en bevorder (sien Daniël 6:1-28). Kyk na Jeremia: Hy is gearresteer, daarvan beskuldig dat hy ‘n verraaier is en in 'n put gegooi om te sterf (sien Jeremia 37-38). Hy het egter opgekyk en God het hom verlos. Dan is daar die lys van die geloofshelde wat in Hebreërs 11 genoem word! Diegene van ons wat deur familielede verwerp is, kan na Abel terugkyk (vers 4). Diegene wat misverstaan word, kan na Noag terugkyk (vers 7). Diegene wat ‘n krisis van geloof ervaar en voel of hulle teen die onmoontlike te staan kom, kan na Abraham terugkyk (vers 8-10). As jy misbruik of mishandel is, kan jy na Josef terugkyk (vers 22). Diegene wat met struikelblokke in die lewe gekonfronteer word, kan na Josua terugkyk (vers 30). Diegene wat ‘n sondige verlede wil oorkom, kan na Ragab terugkyk (vers 31). Die woord vir jou vandag is dus: Kyk terug en word bemoedig.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min