Woord vir Vandag - 12 Julie 2026

Loading player...
“Here, in die oggend sal U my stem hoor…” Psalm 5:4 NLV
Begin jou dag met God
Hoe begin jy jou dag met God? As jy nie ‘n ‘oggendmens’ is nie, moenie druk op jouself plaas om heel eerste in die oggend ‘n lang tyd te bestee om die Skrif te lees en te bid nie. In plaas daarvan om jouself in die oggend te dwing om ‘n lang stiltetyd te hou, probeer - so vroeg moontlik nadat jy wakker geword het - om net ‘n paar minute alleen met God te bestee. Doen dan die volgende drie dinge: Eerstens, erken jou afhanklikheid aan God. Tweedens, vertel Hom van jou bekommernisse vir die dag. Derdens, nooi God uit om die dag saam met jou deur te bring. Die Psalmdigter het gesê: ‘Here, in die oggend sal U my stem hoor. Soggens bring ek my versoeke vol verwagting na U toe.’ Toe het hy bygevoeg: ‘Voor dagbreek roep ek om hulp, en plaas my hoop op u woord’ (Psalm 119:147 NLV). Hoe kan jy dan jou dag met God begin? Moenie probeer om baie nuwe dinge uit te probeer en te doen nie. Doen net die dinge wat jy normaalweg doen – maar doen dit saam met God. Ons praat dikwels daaroor om die oomblik te omarm en die dag aan te gryp. Ons is egter nie veronderstel om oomblikke te omarm en dae aan te gryp nie, ons is veronderstel om God te omarm en aan te gryp. Oomblikke is nie altyd goed nie, maar God is nooit enigiets anders as goed nie. ‘Loof die Here, want Hy is goed!..’ (Psalm 118:1 NLV). Herinner jouself daaraan dat God vandag by jou is en dat Hy goed teenoor jou en vir jou sal wees.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min