Woord vir Vandag - 13 Julie 2026

Loading player...
“En as iemand die een aanval, sal die twee weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie.” Prediker 4:12 NLV
Wees ‘n spanspeler
Salomo het geskryf: ‘En as iemand die een aanval, sal die twee weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie.’ Met ander woorde, wees ‘n spanspeler. In Deuteronomium 32:30 lees ons van een persoon wat 1 000 mense laat vlug het en twee persone wat 10 000 mense op die vlug laat slaan het. Dit beteken dat twee persone wat saamwerk, tien keer effektiewer is as een enkele persoon. Spanne skep sinergie. Die beste verduideliking van sinergie is dat ‘n hand effektiewer is as vyf vingers wat onafhanklik van mekaar werk. Toe die pers vir Edmund Hillary vra wat sy sleutel tot sukses is nadat hy die eerste persoon was om die piek van Mount Everest te bereik, was sy reaksie inspirerend: ‘Ons grootste sterktpunt in 1953 op Everest was ons baie sterk spangees. Individueel, as bergklimmers, was ons nie besonder kundige mense nie. Ons was bekwame klimmers, maar ons het saamgewerk en ons was vasbeslote dat iemand bo moes uitkom. Ons almal wou natuurlik daardie persoon wees om dit te doen, maar dit was selfs belangriker dat iemand in die groep die kruin moet bereik. Deesdae is hierdie spangees nie meer so algemeen nie. Daar is baie meer prima donnas in die moderne klimgemeenskap, mense wat oor groot vaardighede en groot individualisme beskik, maar wat dalk nie so entoesiasties saamwerk soos ons nie.’ Die waarheid is dat geen individu so slim en sterk is soos wanneer ons almal as ‘n groep saamwerk nie. Dr John Maxwell stel dit as volg: ‘Teamwork makes the dream work.’ Wees dus bereid om jou persoonlike agenda vir die tipe sukses wat slegs deur ‘n span bereik kan word, op te offer.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min