Woord vir Vandag - 14 Julie 2026

Loading player...
“…Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help…” Jesaja 41:10 NLV
Die belangrikheid van daaglikse gebed
Dr George Washington Carver het rassevooroordeel oorkom en ‘n opvoedkundige, wetenskaplike en uitvinder geword wat deur die Amerikaanse Kongres vereer is. Hy was ook ‘n volgeling van Christus. Hy het die volgende oor gebed gesê: ‘My gebede is meer van ‘n lewenswyse as enigiets anders. Ek vra die Groot Skepper stilweg, daagliks en dikwels, verskeie keer per dag vir toestemming om met Hom te praat. Ek vra Hom om vir my wysheid, begrip en liggaamlike krag te gee om sy wil te doen; ek vra en ontvang dus heeltyd.’ Carver het baie uitvindings in die wêreld uitgestuur en was veral bekend vir uitvindings wat met grondboontjies te doen gehad het. Hy het op die waarheid van die volgende Skrifgedeeltes gestaan: ‘Ek sal voor jou uitgaan en berge gelyk maak…’ (Jesaja 45:2 NLV). ‘Vra My, en Ek sal jou ‘n antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel…’ (Jeremia 33:3 NLV). ‘Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, wat Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek hou jou vas met my reddende regterhand’ (Jesaja 41:10 NLV). Gee besondere aandag aan Carver se woorde: ‘Ek vra en ontvang dus heeltyd.’ Gebed was nie sy laaste uitweg nie, maar sy eerste keuse. Vir hom was dit meer as ‘n godsdienstige ritueel; dit was ‘n wyse om voortdurend met die God wat hy liefgehad het te kommunikeer, deur soms te praat en soms te luister, maar ten alle tye sensitief en bewus van die teenwoordigheid van God te wees. Daaglikse gebed behoort dieselfde vir jou te beteken.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min