Woord vir Vandag - 15 Julie 2026

Loading player...
“…Vandag gaan julle weet dat die lewende God hier tussen julle is…” Josua 3:10 NLV
Rus in jou verlossing
Dit was geen geringe taak om die Jordaanrivier, wat op plekke tot ‘n myl breed was, oor te steek nie. Veral nie met ‘n miljoen mense wat jou volg nie! God het gesê: ‘…jy [moet] gereedmaak om my volk deur die Jordaanrivier te lei…’ (Josua 1:2 NLV). Dink jy hulle was bang? Sou jy gewees het? ‘Die priesters wat die ark dra, het… hulle voete in die vlak water [ge]sit…’ (Josua 3:15 NLV). Dit was ‘n klein treetjie, maar God kan die kleinste treetjie van geloof in die magtigste wonderwerk omskep. Toe die priesters se voete die water raak, het die water begin opdam asof iemand die kraan toegedraai het. Vervolgens lees ons: ‘…Almal van Israel het deur die droë bedding gegaan…’ (vers 17 NLV). Deur hierdie wonderwerk te verrig, wou God hê Israel moet weet: ‘…Vandag gaan julle weet dat die lewende God hier tussen julle is…’ Israel het hierdie werklikheid besef toe hulle op droë grond gestaan en na die Jordaan teruggekyk het. Ons besef hierdie werklikheid wanneer ons op die voltooide werk van Christus staan en na die kruis terugkyk. Laat die kruis jou oortuig. Wees seker van God se getrouheid. Die Psalmdigter beskryf ‘n persoon van geloof as volg: ‘…hy is gerus, hy vertrou op die Here’ (Psalm 112:7). Die lewe het baie onbeantwoorde vrae, maar jy hoef nie aan God se belofte om jou te verlos, te twyfel nie. ‘As God werklikwaar nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal aan die dood oorgegee het, is daar tog geen manier waarop Hy nie ook alle ander goeie dinge aan ons sal skenk nie’ (Romeine 8:32 NLV). Rus in jou verlossing. Die verlede is verby. Jou toekoms blink.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min