Woord vir Vandag - 17 Julie 2026

Loading player...
“Die Here het vir Josua gesê: ‘Ek gee jou beheer oor Jerigo, sy koning en sy soldate.’” Josua 6:2 NLV
Jy sal jou Jerigo oorwin (1)
Jerigo se mure was enorm. Hulle het veertig voet bo die grond die stad soos ‘n wapenuitrusting omhul. Hulle was ondeurdringbaar. Josua het nie Jerigo se mure afgebreek nie - God het. God sal dit vir jou ook doen. Jou Jerigo is jou vrees, woede, bitterheid of vooroordeel. Dit is ook jou onsekerheid oor die toekoms; jou skuldgevoelens oor die verlede en jou negatiwiteit, angs en geneigdheid om te kritiseer, oor te analiseer of te kompartementaliseer. Jou Jerigo is enige omstandigheid, houding of denkwyse wat jou van vreugde, vrede of rus weerhou. Jerigo versper jou pad, dus moet sy mure val! ‘…oor drie dae trek julle deur die Jordaan en gaan julle die land in besit neem wat die Here julle God julle as besitting gee’ (Josua 1:11 AFR83). Die werkwoord wat as ‘in besit neem’ vertaal word, beteken ‘om vorige huurders uit te dryf en in hul plek te besit.’ Satan sal egter nie sonder ‘n geveg vertrek nie. Hy sal weerstand bied. Hy sal terugstoot. Hy sal egter nie wen nie. Hoekom nie? Omdat God reeds verklaar het dat jy die oorwinnaar is. ‘Die Here het vir Josua gesê: ‘Ek gee jou beheer oor Jerigo, sy koning en sy soldate.’’ God het nie gesê: ‘Josua, neem die stad in,’ nie. God het gesê: ‘Josua, ontvang die stad wat Ek ingeneem het.’ Dieselfde kan van jou en jou uitdaging gesê word. Jy vra: ‘Wat staan my dus te doen?’ 1) Ontvang jou oorwinning deur geloof, net soos jy jou verlossing ontvang het. 2) Spreek oorwinning uit. Maak seker dat jou woorde met God se woorde ooreenstem. 3) Wandel in jou oorwinning, een dag op ‘n slag.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min