Woord vir Vandag - 18 Julie 2026

Loading player...
“Josua was in die omgewing van Jerigo toe hy skielik ‘n man voor hom sien staan met ‘n swaard in sy hand…” Josua 5:13 NLV
Jy sal jou Jerigo oorwin (2)
Laat in Januarie 1956 het dr Martin Luther King Jr. ‘n dreigende telefoonoproep by sy huis ontvang. Dit was nie die eerste onheilspellende boodskap wat hy ontvang het nie. Op hierdie nag, terwyl sy kinders en sy vrou geslaap het, was die gewig van die Burgerregtebeweging vir hom te swaar. Hy het besluit dat die risiko te groot is. Hy het begin om ‘n uittreestrategie neer te skryf. Om middernag het hy sy kop by die kombuistafel gebuig en begin bid: ‘Ek is bang. Die mense kyk na my vir leierskap en as ek sonder krag en moed voor hulle staan, sal hulle ook wankel. Ek het die einde van my kragte bereik. Ek het niks oor nie. Ek het by die punt gekom waar ek dit nie alleen kan trotseer nie.’ King beskryf wat volgende met hom gebeur het, as volg: ‘Ek het die teenwoordigheid van die Goddelike ervaar soos ek Hom nog nooit tevore ervaar het nie. Dit het gevoel asof ek die stil versekering van ‘n innerlike stem kon hoor wat sê: ‘Staan op vir geregtigheid, staan op vir die waarheid; en God sal vir ewig aan jou sy wees.’ Toe hy ‘n ontsaglike uitdaging in die gesig gestaar het, het dr King sy fokus verskuif en hom na God gewend. Die Bybel sê: ‘Josua was in die omgewing van Jerigo toe hy skielik ‘n man voor hom sien staan met ‘n swaard in sy hand…’ Nadat Josua sy oë van Jerigo af opgelig het, het ‘n goddelike boodskapper voor hom met die oplossing vir sy probleem gestaan. Solank jy jou oë net op jou probleem hou, sal jy nie jou probleemoplosser sien nie. Jy moet opkyk. ‘Ek kyk op na die berge. Kom my hulp daarvandaan? Nee, my hulp kom van die Here…’ (Psalm 121:1-2 NLV).
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min