Woord vir Vandag - 19 Julie 2026

Loading player...
“…staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk…” 1 Korintiërs 15:58 NLV
Staan vas
In die dae toe groot beesplase volop in Amerika was, is ‘n klein esel soms aan ‘n wilde perd vasgemaak en dan op die vlaktes losgelaat. Die wilde perd sou die esel kilometers ver sleep en hom soos ‘n sak voer rondgooi. Binne ‘n paar dae sou hulle egter terugkeer. Die klein esel sou eerste opgemerk word, waar hy terug plaas toe met sy onderdanige perd draf. Iewers op die vlaktes sou die perd uitgeput raak en homself van die esel probeer losmaak. Op daardie oomblik het die esel die meester van die twee geword. Die stadige, geduldige, onbelangrike dier het die leier van die vinniger, meer wispelturige en meer gewaardeerde een geword. Wat het die verskil gemaak? Om ‘n standvastige doel te hê! Wat was die esel se doel? Om terug huis toe te gaan! Dus, maak nie saak hoeveel keer die perd baklei het, aan die tou getrek het en op sy rug beland en woedend geskop het nie, die esel het elke keer wat hy weer op sy voete gekom het, nog ‘n paar treë in die rigting van die plaas gee. Dit was net ‘n kwessie van tyd voordat die moeë en uitgeputte perd besluit om by hom in te val. Een van die groot temas van die Skrif is om ‘n standvastige doelwit te hê. Samuel het vir die Israeliete gesê: ‘Julle moenie weggaan van Hom nie, want dan gaan julle na die afgode toe wat niks beteken nie en wat nie kan help en red nie’ (1 Samuel 12:21 ABA). Jesaja het geskryf: ‘…Ek het my gesig hard soos vuurklip gemaak. Ek weet ek sal nie in die verleentheid kom nie’ (Jesaja 50:7 NLV). Paulus het geskryf: ‘…staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk…’
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min