Woord vir Vandag - 20 Julie 2026

Loading player...
“…Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra.” Efesiërs 3:20 NLV
Seëninge wat jy jou nie eers kan indink nie
Pastoor Heidi Scanlon sê: ‘God het seëninge vir ons in kategorieë wat ons nie eers weet bestaan nie.’ Dit beteken dat God iets uit niks kan skep. Hy kan onverwags uit die niet verskyn en net wanneer jy Hom die nodigste het, jou iets gee waaraan jy nie eers gedink het nie. God sê: ‘My gedagtes is anders as julle s’n, en julle paaie is nie my paaie nie… Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is wat Ek doen, hoër as wat julle doen, en my gedagtes hoër as julle gedagtes’ (Jesaja 55:8-9 NLV). Jy vra: ‘As God seëninge het wat ek my nie eers kan indink nie, hoe kan ek daarvoor vra?’ Dis waar die Heilige Gees, wat in jou woon, jou help: ‘…die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op… in harmonie met God se wil vir die gelowiges…’ (Romeine 8:26-27 NLV). Omdat dit wat die Heilige Gees bid in ooreenstemming met God se wil is, word jy met wysheid wat bo jou kennis is, met krag wat bo jou krag is, en met guns wat bo jou vermoë is, geseën. Paulus het dit so gestel: ‘Hy moet geprys word - Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. Die kerk wat aan Christus Jesus verbind is, moet Hom prys deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid! Amen’ (Efesiërs 3:20-21 NLV). Jy moet egter steeds jou plig doen, want God kan nie nalatigheid seën nie. Wanneer jy egter weet dat jy jou deel getrou gedoen het en God gehoorsaam het, kan jy Hom vertrou vir seëninge waaraan jy nie eers kan dink nie.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min