Woord vir Vandag - 21 Julie 2026

Loading player...
“…Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê” Hebreërs 12:1 NLV
Moenie toelaat dat jou aandag afgetrek word nie
In Maart 1987 het Eamon Coughlan in die kwalifiserende uitdunne by die Wêreld Binnenshuise Baankampioenskappe in Indianapolis gehardloop. Hy was die heersende wêreldrekordhouer van die 1500 meter item en was die gunsteling om die wedren te wen. Ongelukkig, met twee en ‘n half rondtes oor, het hy gestruikel en hard geval. Hy het egter opgestaan en met groot moeite daarin geslaag om die voorste naellopers in te haal. Met twintig meter oor was hy in die derde plek, wat goed genoeg sou wees om vir die finale wedloop te kwalifiseer. Toe maak Coughlan egter ‘n fatale fout - hy kyk oor sy skouer na agter. Omdat hy niemand naby hom gesien het nie, het hy sy inspanning effens verslap. Wat hy egter nie opgemerk het nie, was dat ‘n ander naelloper hard aan die ander kant van hom aangestorm gekom het. Hierdie naelloper het hom ‘n meter voor die wenstreep verbygesteek en hom uit die eindrondte uitgeskakel. Coughlan se inspanning was uiteindelik om slegs een rede waardeloos: Hy het sy oë vir ‘n oomblik van die wenstreep afgehaal en op die deelnemers agter hom gefokus. Die skrywer van die boek Hebreërs het gesê: ‘…kom ons stroop alles wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ‘n houvas op ‘n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê’. Dinge wat regmatig is, kan soms jou spoed vertraag. ‘Sonde’ verwys na iets wat jy weet verkeerd is en jou die wedloop kan kos. Lê dus albei af en ‘…Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus, die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot by die eindstreep steun…’ (verse 1-2 NLV).
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min