Woord vir Vandag - 22 Julie 2026

Loading player...
“…volwasse liefde dryf die vrees uit…” 1 Johannes 4:18 NLV
Wandel in vrees, of wandel in liefde
Navorsing toon dat denke wat op liefde gefokus is die norm is, terwyl denke wat op vrees gefokus is aangeleer word. Dit is egter nie nuus as jy na die Skrif kyk nie: ‘Ware liefde het nie plek vir vrees nie; volwasse liefde dryf die vrees uit…’ Die afgelope paar dekades het wetenskaplikes die anatomie en fisiologie van liefde en vrees nagevors. Dit is twee verskillende stelsels en op enige bewuste oomblik sal ons of in die een, of in die ander funksioneer. Wetenskap wys dat wanneer ons in liefde begin funksioneer, ons negatiewe, toksiese gedagtes begin afleer. Ons kan negatiewe vrees afleer - dit is nie deel van ons aangebore natuurlike funksionering nie. Onlangse neurowetenskaplike navorsing toon dat sommige van die chemikalieë wat die brein vrystel wanneer ons in liefde funksioneer oksitosien insluit, wat letterlik die negatiewe toksiese gedagtes laat wegsmelt sodat herbedrading van nuwe, nie-toksiese stroombane kan plaasvind. Hierdie chemikalieë word ook afgeskei wanneer ons ander vertrou, met hulle verbindings aanknoop en na hulle uitreik. Dus, om te kies om in liefde te funksioneer kan letterlik die vrees uitdryf. Navorsing toon ook dat wanneer ons goeie dinge doen en in liefde uitreik, endorfiene en serotonien vrygestel word. Dit ontgif ons breine en verhoog ons motivering en wysheid, wat ons help om die lewe meer suksesvol te hanteer. Ons sien die diepgaande gevolge van die keuse tussen liefde en vrees in die Skrif: ‘Vandag gee ek aan jou die keuse tussen lewe en dood, tussen seën en vloek… Mag jy die lewe kies…’ (Deuteronomium 30:19 NLV). Prediker 7:29 (NLV) sê: ‘…God het die mense goed en opreg gemaak, maar hulle het allerlei slimmighede gesoek.’ Die keuse is joune: wandel in vrees, of wandel in liefde.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min