Woord vir Vandag - 23 Julie 2026

Loading player...
“My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees…” Josua 1:9 NLV
Oorwin vrees
Toe God vir Josua gesê het: ‘My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees…’ het die woord ‘wees’ eintlik beteken dat Josua dapper moet ‘word.’ Dapperheid is ’n eienskap waaraan jy moet werk. Josua was reeds in die Beloofde Land. Hy het geweet dat daar sewe nasies was wat verower moes word. Hy was deeglik bewus van die probleme wat hy sou moes trotseer. Dus het God gesê: 1) ‘Nee, moenie vir daardie nasies bang wees nie, want die Here jou God is by jou en Hy is ‘n groot en ontsagwekkende God’ (Deuteronomium 7:21 NLV). Die taak wat jy op die punt staan om aan te pak, lyk dalk meer soos ’n slagveld as ‘n piekniek, maar God sal by jou wees. Hy sal jou oplossings vir die probleme en krag vir die gevegte gee. 2) ‘Die Here jou God sal daardie nasies een vir een voor jou uit verdryf…’ (Deuteronomium 7:22 NLV). God sal voor jou uitgaan en alles reël. Hy sal jou help om die regte kontakte te maak en jou van die nodige hulpbronne voorsien. 3) ‘Die Here jou God sal daardie nasies een vir een voor jou uit verdryf. Jy sal hulle nie sommer almal eensklaps kan verdryf nie…’ (vers 22 NLV). God werk aan een area op ’n slag in ons. Die lewe is nie een groot stryd nie; dis ‘n reeks klein, daaglikse gevegte wat nodig is om die vyande wat in jou pad staan, te verslaan. Drie-en-twintig hoofstukke later sê God steeds vir Israel om dapper te wees. Dapperheid is soos suurstof; jy kan nie daarsonder oorleef nie. Dis nie die afwesigheid van vrees nie; dis die oorwinning daarvan. Dapperheid beteken om in vrees op te tree, totdat jy jou vrees oorwin.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min