Woord vir Vandag - 24 Julie 2026

Loading player...
“…wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom… sal Hy julle in alle opsigte onderrig…” Johannes 14:26 NLV
Jy benodig meer van die Heilige Gees (1)
Jesus het gesê: ‘…wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom… sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.’ Wanneer jy ‘n belangrike besluit moet neem, het jy ‘…geestelike wysheid en insig…’ (Efesiërs 1:17 NLV), nodig. Wanneer jy in ‘n moeilike situasie is en onseker is oor wat om te sê: ‘…Sê maar net wat God in daardie uur vir julle sal gee om te sê. Julle sal wel die woorde uitspreek, maar eintlik is dit die Heilige Gees wat deur julle praat’ (Markus 13:11 NLV). Wanneer jy dit moeilik vind om liefde te betoon? ‘Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg: liefde…’ (Galasiërs 5:22 NLV). Dieselfde geld vir elke vrug van die Gees. Moet jy ‘n verslawing oorkom? ‘Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg… selfbeheersing…’ (verse 22-23 NLV). Selfbeheersing is eintlik ‘n oksimoron, want dit kom nie van jouself af nie. Dis die Gees wat dit voorsien, dus is dit eintlik Geesbeheersing. Jy het meer van die Heilige Gees nodig. Die Gees van God wil jou nie net vul nie; Hy wil jou ook uitdaag en jou kapasiteit vergroot. As jy voel of jou lewe vandag in chaos en wanorde is, is die Gees van God - net soos Hy aan die begin van die skepping was toe Hy lig uit die duisternis, orde uit chaos en skoonheid uit niks voortgebring het (sien Genesis 1:1-3), steeds daar. Maak nie saak watter vraag jy het nie, die Heilige Gees is die antwoord. Maak nie saak watter probleem jy in die gesig staar nie, die Heilige Gees is die oplossing. Jy het soveel as moontlik van Hom nodig, dus moet jy soveel as moontlik van jouself aan Hom oorgee.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min