Woord vir Vandag - 25 Julie 2026

Loading player...
“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV
Jy benodig meer van die Heilige Gees (2)
Die Heilige Gees gee ons wysheid bo ons kennis, mag bo ons krag, en gawes bo ons vermoëns. Met sy hulp word ons beter as ons beste poging en beter as ons beste gedagte. Ons word die beste weergawe van onsself. Natuurlik neem dit ‘n leeftyd. Daarom het Paulus geskryf: ‘Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie sal ons op die regte tyd oes.’ Dit is moeilik om ‘n boer voor te stel wat ‘n landery vol koring plant en dan verbaas is dat dit nie mielies oplewer nie. Hoekom? Omdat jy maai wat jy saai. Tog lyk sommige van ons geskok wanneer die saad van sonde hul oes oplewer. Wat plant jy dus? Liefde of haat? Vreugde of ondankbaarheid? Geduld of ongeduld? Selfbeheersing of selfbevrediging? Die wet van saai en maai kan jou breek of jou maak - mits jy aanhou om die regte saad te saai. Wil jy ‘n oorvloedige oes hê? Dan het jy meer van die Heilige Gees nodig. Die Heilige Gees kan jou egter nie vul as jy vol van jouself is nie. Die voorvereiste om dus meer van die Heilige Gees te hê, is om eerlik, nederig en honger vir sy leiding te wees. Galasiërs 5:22-23 gee ‘n lys van die nege vrugte wat die Heilige Gees in ons lewe voortbring. As jy meer van die Heilige Gees wil hê, beteken dit dat jy letterlik meer liefde, meer vreugde, meer vrede, meer geduld, meer vriendelikheid, meer goedheid, meer getrouheid, meer sagmoedigheid en meer selfbeheersing wil hê (sien Galasiërs 5:22-23). Die goeie nuus is dat jy soveel van die Heilige Gees kan hê as wat jy wil.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min