Woord vir Vandag - 27 Julie 2026

Loading player...
“Ek kan onder alle omstandighede regkom deur Hom wat my krag gee.” Filippense 4:13 NLV
Wees ‘n ‘ek kan’ persoon
Mense het erge weerstand gebied teen uitvindings wat ons deesdae as alledaags beskou en elke dag geniet. In Duitsland het ‘kundiges’ gesê dat as treine so vinnig as vyftien tot twintig myl per uur sou ry - wat as ‘n skrikwekkende spoed beskou is - bloed uit die reisigers se neuse sou stroom en passasiers sou versmoor wanneer hulle deur tonnels gaan. In Amerika het kenners gesê die bekendstelling van die spoorlyn sou veroorsaak dat baie nuwe inrigtings vir kranksinniges gebou sou moes word, aangesien mense mal van vrees by die aanskoue van die lokomotiewe sou word. Toe die idee van ysterskepe die eerste keer voorgestel is, het kenners daarop aangedring dat hulle nie sou kon dryf nie, dat dit moeilik sou wees om die ysterbodem teen roes te bewaar en dat yster kompaslesings sou verwar. In 1797, toe die eerste gietysterploeg uitgevind is, het boere in New Jersey dit verwerp en gesê dat die gietyster die grond sou vergiftig en die groei van onkruid sou stimuleer. Toe die YMCA in New York die uitvinding van die tikmasjien verwelkom en tiklesse vir vroue aangekondig het, het protesoptogte plaasgevind omdat daar geglo is dat die vroulike konstitusie onder die druk daarvan sou ineenstort. Kyk nou na die volgende stellings, wat elkeen die produk van ‘n negatiewe denkwyse was: 1) ‘Vlieënde masjiene wat swaarder as lug is, is onmoontlik’ (Lord Kelvin, President, Royal Society, 1895). 2) ‘Die mens sal nooit die krag van die atoom benut nie’ (Robert Millikan, Nobelpryswenner in fisika, 1923). 3) ‘Alles wat uitgevind kan word, is al uitgevind’ (Charles H. Duell, Direkteur van die Amerikaanse Patentkantoor, 1899). As jy groot dinge wil bereik en deur God gebruik wil word, moet jy ‘n ‘ek kan’ persoon wees.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min