Woord vir Vandag - 28 Julie 2026

Loading player...
“…Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.” Efesiërs 2:10 NLV
Jy moet weet wie jy is
‘n Boer het eenkeer ‘n jong arend gevang, hom huis toe gebring en tussen sy hoenders en kalkoene grootgemaak. Vyf jaar later het ‘n natuurkenner hom kom besoek en die voël gesien. ‘Dis 'n arend, nie ‘n hoender nie!’ het hy gesê. ‘Ja,’ het die boer gesê, ‘maar ek het hom grootgemaak om ‘n hoender te wees.’ Die natuurkenner het gesê: ‘Hy het ‘n vlerkspan van vyftien voet. Dis ‘n arend!’ Die boer het geantwoord: ‘Maar hy sal nooit vlieg nie.’ Die natuurkenner het nie saamgestem nie en hulle het besluit om hul argument op die proef te stel. Eers het die natuurkenner die arend opgetel en gesê: ‘Jy is ‘n arend; jy hoort in die lug en nie op hierdie aarde nie; strek jou vlerke uit en vlieg.’ Die arend het die hoenders onder hom gesien en afgespring. Die volgende dag het die natuurkenner die arend na die bokant van die huis geneem, dieselfde ding gesê en die arend laat gaan. Weer eens het hy die hoenders onder op die werf gewaar en afgefladder om by hulle aan te sluit om te eet. ‘Nog een probeerslag,’ het die natuurkenner gesê. Hy het die arend teen ‘n berg opgeneem. Die bewerige voël het rondgekyk en toe het die natuurkenner dit in die son laat kyk. Toe die natuurkenner weer vir die voël sy ware identiteit vertel het, het die arend skielik sy vlerke uitgestrek, ‘n magtige krys gegee en weggevlieg om nooit weer terug te keer nie. Jy moet weet wie God jou geskep en geroep het om te wees. Dit vind in die regte omgewing, tussen die regte geselskap en met die regte insette, plaas. ‘…Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.’
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min