Woord vir Vandag - 29 Julie 2026

Loading player...
“…’n Groot skare het agter Hom aan gekom. Hy het al die siekes onder hulle gesond gemaak.” Matteus 12:15 NLV
Genesing in die Nuwe Testament
Wonder jy of Jesus gewillig is om jou te genees? Kom ons kyk na die bediening van Jesus Christus, wat die Bybel beskryf as ‘…steeds dieselfde [is] - gister, vandag en vir altyd!’ (Hebreërs 13:8 NLV). Dit beteken dat as Hy dit voorheen gedoen het, Hy dit weer sal doen. Soos jy oor die vele genesings en wonderwerke wat Jesus voortdurend verrig het lees, sal dit jou geloof laat groei en jou verwagting laat styg. ‘Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus’ (Romeine 10:17). Regdeur die evangelies het mense met verskeie siektes na Jesus vir genesing gegaan. Sommige was op die rand van die dood en sommige was eintlik reeds dood. Daar was mense met sterk geloof en ander wat gesukkel het om te glo. Die sleutels tot elk van hierdie wonderwerke was: 1) Diegene wat siek was, het seker gemaak dat hulle in die teenwoordigheid van Jesus kom; 2) Hulle het sy Woord gewillig ontvang en daarop gereageer. Lees oor sommige van die wonderwerke wat Jesus verrig het: 1) Simon se skoonmoeder is van koors genees (sien Matteus 8:14-15); 2) Die opstanding van Jaïrus se dogter (sien Markus 5:21-24, 35-43); 3) Genesing van die vrou met bloedvloeiing (sien Markus 5:25-34); 4) ‘n Dowe man is genees (sien Markus 7:32-37); 5) ‘n Afgesnyde oor is herstel (sien Lukas 22:47-51); 6) 'n Blinde man kon weer sien (sien Johannes 9:1-41). Jesus het nooit vir ‘n hulpgeroep en genesing nee gesê nie: ‘…’n Groot skare het agter Hom aan gekom. Hy het al die siekes onder hulle gesond gemaak’ (Matteus 12:15). Wat Hy vir hulle gedoen het, kan Hy vir jou ook doen, wanneer jy bid en sy Woord glo.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min