Woord vir Vandag - 30 Julie 2026

Loading player...
“Julle het gehoor dat vir ons voorouers gesê is… Maar Ek sê vir julle…” Matteus 5:21-22 NLV
Tree op en reageer soos ‘n Christen
Aan die einde van die negentiende eeu het ‘n Russiese dokter genaamd Ivan Pavlov ‘n Nobelprys vir sy eksperimente met honde ontvang. Hierdie honde het almal een ding in gemeen gehad - hulle het speeksel rondom kos afgeskei. Pavlov wou egter uitvind of hierdie speekselafskeiding deur ‘n ander stimulus veroorsaak kon word, daarom het hy die honde gekondisioneer deur ‘n klokkie te lui wanneer hy hulle kos gegee het. Uiteindelik het die honde begin speeksel afskei sodra hulle die klokkie hoor lui het, of hulle kos gekry het of nie. Pavlov het na hierdie aangeleerde optrede as ‘n gekondisioneerde refleks verwys. Ons word almal, bewustelik of onbewustelik, ons hele lewe lank gekondisioneer. Baie van ons gedrag word deur hierdie gekondisioneerde reflekse bepaal. Sommige gekondisioneerde reflekse is so normaal en natuurlik soos om te bloos. Ander is so vernietigend soos om te drink om jou hartseer te vergeet. Bewustelik of onbewustelik, onskadelik of skadelik, is een ding egter seker: ons is baie meer gekondisioneer as wat ons besef. Ons geestelike groei word egter deur God se genade geherkondisioneer. Jesus het gesê: ‘Julle het gehoor dat vir ons voorouers gesê is… Maar Ek sê vir julle…’ Jesus gebruik hierdie uitdrukking herhaaldelik. Wat het Hy daarmee bedoel? Hy het daarmee Ou Testamentiese toepassings verwyder en dit met Nuwe Testamentiese waarhede vervang. Dit was nie meer: ‘’n Oog vir ’n oog,’ nie. Jesus het dit met: ‘Draai die ander wang,’ vervang (sien Matteus 5:38-39 NLV). Soms is dit baie makliker om soos ‘n Christen op te tree as om soos een te reageer. Hoe verander ons dus ons gekondisioneerde reaksies? Deur die Heilige Gees. ‘…Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk, met ‘n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee’ (2 Korintiërs 3:18 NLV).
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min