
Reën in suidelike dele verwag
Loading player...
Reën word vandag en môre oor die suidwestelike en suidoostelike dele van die land verwag. Terwyl koue wintertoestande sal voortduur, sal dit nie so koud soos verlede week wees nie. Albertina Anderson, 'n voorspeller van die Namibiese Meteorologiese Diens, sê ligte reënbuie word verwag, veral langs die suidkus.

