Stokes kondig aftrede aan

Loading player...
Engeland se kaptein, die 35-jarige Ben Stokes, het sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig. Die derde en laaste toetswedstryd teen Nieu-Seeland sal sy laaste verskyning wees en bring 'n einde aan 'n internasionale loopbaan van 15 jaar waarvan vier as kaptein van die span was. Die veelsydige Stokes het 122 toetsverskynings vir Engeland gemaak, 114 eendagwedstryde en 43 T20's gespeel, en was 'n sleutelspeler in die T20 Wêreldbeker-eindstryd in 2022. Stokes sê hierdie besluit is op die oomblik die beste vir hom:
29 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Diamantwerkers se lot na parlement

Midde groot uitdagings in die natuurlike diamantbedryf wil die Mynwerkersunie van Namibië griewe van werkers in die diamantsny- en poleerbedryf voor die parlement sleep. Die vakbond dring aan op 'n ondersoek na werksverliese, lae lone, ontoereikende voordele en beperkte vaardigheidsoordrag aan Namibiërs in die bedryf. Die vakbond se sekretaris-generaal, George…
24 Oct 3AM 1 min

Unam eis antwoorde oor geld vir studenteprojek

Unam het 'n ondersoek van stapel gestuur na bewerings dat 140 000 Namibiese dollar van 'n EU-befondsde navorsingsprojek onbehoorlik na Nanso oorgeplaas is. Unam-woordvoerder Simon Namesho sê Nanso ontvang begrotingstoekennings as 'n projekvennoot, maar as koördineerder soek Unam dringende duidelikheid van die studente-organisasie rakende die fondse. Hy het met Kosmos…
24 Oct 2AM 1 min

Rugby: Bulle reg vir taai Iere

Die Bulle maak gereed vir 'n taai Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Ierse span Ulster, wat later vandag op Loftus Versfeld plaasvind. Die span van Pretoria het nie minder nie as agt veranderinge aan sy pak voorspelers aangebring in voorbereiding op die stryd teen die Ierse reuse. Willem Strauss, die Bulle…
24 Oct 1AM 1 min

COPPS 94.1: Inbrekers se turf sit

‘n Spanpoging tussen die polisie, buurtwag en private sekuriteitsdienste het Vrydagaand as deel van COPPS 94.1 se naweekpatrollie twee inbrekers in Kleine Kuppe aangekeer waar hulle op ‘n bouperseel in die fondasie probeer skuil het. ‘n Derde verdagte, wat vermoedelik gewapen was, het ontvlug. Daar moes ook gekeer word toe…
23 Oct 11PM 1 min