
Spoedbreker-uitspraak vandag verwag
Loading player...
Uitspraak in aktivis Michael Amushelelo se dringende aansoek teen vervoerminister Veikko Nekundi se spoedbrekers op die Westelike Verbypad en die A1-hoofweg sal vanoggend in die hoërhof deur regter Gabriel Komboni gelewer word. Kosmos 94.1 Nuus het met bestuurskenner Pius Dunaiski gepraat, wat sê die reg moet nou na vore tree en nie meer publieke opinie nie.

