Seksuele geweld in SA se skole wek groot kommer

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê die land het nie ʼn tekort aan regsraamwerke om seksuele geweld in skole te hanteer nie. Die probleem is fragmentasie, vertraagde integrasie en ongelyke toepassing. Die kommissie het ʼn verslag vrygestel wat op ʼn verstommende toename in gevalle van seksuele geweld teen leerders by skole dui. In die 2024/2025-boekjaar is 26 855 voorvalle van kindermishandeling aangemeld, waarvan 9 857 seksuele geweld was. Die Menseregtekommissie se kommissaris, Tshepo Madlingozi, het aan die SABC gesê onder-rapportering is kommerwekkend:
30 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Unam eise antwoorde oor geld vir studenteprojek

Unam het 'n ondersoek van stapel gestuur na bewerings dat 140 000 Namibiese dollar van 'n EU-befondsde navorsingsprojek onbehoorlik na Nanso oorgeplaas is. Unam-woordvoerder Simon Namesho sê Nanso ontvang begrotingstoekennings as 'n projekvennoot, maar as koördineerder soek Unam dringende duidelikheid van die studente-organisasie rakende die fondse. Hy het met Kosmos…
24 Oct 2AM 1 min

Rugby: Bulle reg vir taai Iere

Die Bulle maak gereed vir 'n taai Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Ierse span Ulster, wat later vandag op Loftus Versfeld plaasvind. Die span van Pretoria het nie minder nie as agt veranderinge aan sy pak voorspelers aangebring in voorbereiding op die stryd teen die Ierse reuse. Willem Strauss, die Bulle…
24 Oct 1AM 1 min

COPPS 94.1: Inbrekers se turf sit

‘n Spanpoging tussen die polisie, buurtwag en private sekuriteitsdienste het Vrydagaand as deel van COPPS 94.1 se naweekpatrollie twee inbrekers in Kleine Kuppe aangekeer waar hulle op ‘n bouperseel in die fondasie probeer skuil het. ‘n Derde verdagte, wat vermoedelik gewapen was, het ontvlug. Daar moes ook gekeer word toe…
23 Oct 11PM 1 min

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min