
Toksiese verhoudings: Louis Venter
Loading player...
Hoe weet jy wanneer 'n verhouding net deur 'n moeilike tyd gaan, en wanneer dit eintlik toksies geword het? Of dit nou 'n liefdesverhouding, vriendskap of selfs 'n werksverhouding is, toksiese dinamika kan 'n groot impak op ons emosionele welstand hê. Vandag gesels ons met verhoudingsterapeut Louis Venter van CouplesHelp oor die rooi vlae waarna ons moet oplet, hoe gesonde grense lyk, en wat 'n mens kan doen wanneer 'n verhouding jou begin afbreek eerder as opbou.

