WGO sê Ebola-uitbreking die derde grootste ooit, vir nou

Loading player...
Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo het in die eerste maand vinniger versprei as enige ander uitbreking. Tot dusver is 2 273 gevalle aangemeld en 796 sterftes is in slegs twee maande opgeteken. In die 2018–2019 Ebola-uitbreking in die land het dit meer as tien maande geneem om 2 000 gevalle aan te meld. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê die uitbreking in die DRK is nou die derde grootste op rekord:
17 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vyf nuwe Namibiese blafgeitjies amptelik benoem

Ses nuwe spesies blafgeitjies is verlede jaar amptelik benoem, waarvan vyf in Namibië voorkom. Die ontdekking help om raaisels op te los wat wetenskaplikes al meer as 150 jaar lank verwar. Herpetoloog dr. Francois Becker sal tydens ’n praatjie by die Namibiese Wetenskaplike Vereniging verduidelik hoe dié skugter reptiele aan…
22 Oct 10AM 1 min

Amupanda daag NV uit oor 'grondwetlike oortredings'

Die leier van die AR-beweging, Job Amupanda, het ’n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê waarin hy die Huis oor beweerde grondwetlike oortredings uitdaag. Amupanda bevraagteken waarom geen wetgewing wat uit die NV self ontstaan het, in die afgelope 36 jaar aangeneem is nie. Hy vra ook waarom…
22 Oct 10AM 1 min

Landbouministerie fokus steeds eers op BKS-inperking

Môre is dit presies 'n maand sedert bek-en-klouseer vir die eerste keer in die //Kharas-streek bevestig is. Landbouminister Inge Zaamwani doen 'n beroep op die publiek en boere om geduldig te bly terwyl pogings om die uitbreking in te perk voortduur. Sy het in die parlement erken dat beperkings op…
22 Oct 10AM 1 min

Trump verdedig sy opheffing van Rusland-sanksies

President Donald Trump van Amerika verdedig die vrylating van die Amerikaanse burger, Stephen Hubbard, uit Russiese aanhouding en ontken dat enige toegewings aan president Vladimir Putin gemaak is. Die 74-jarige oud-onderwyser is daarvan beskuldig dat hy vir Oekraïne geveg het toe hy in 2022 aangekeer is. Hy is sewe-jaar tronkstraf…
22 Oct 9AM 1 min

MK is geleer om teen apartheid te veg, nie witmense: Kasrils

’n Stigterslid van Umkhonto we Sizwe en oudminister van Intelligensie, Ronnie Kasrils, het aan die Khampepe-kommissie gesê jong rekrute wat in die 1970’s en '80’s by opleidingskampe aangekom het, wou wit Suid-Afrikaners doodmaak – aangevuur deur woede oor apartheid. Hy sê rekrute is geleer dat die stryd teen die apartheidstelsel…
22 Oct 9AM 1 min