
MK is geleer om teen apartheid te veg, nie witmense: Kasrils
Loading player...
’n Stigterslid van Umkhonto we Sizwe en oudminister van Intelligensie, Ronnie Kasrils, het aan die Khampepe-kommissie gesê jong rekrute wat in die 1970’s en '80’s by opleidingskampe aangekom het, wou wit Suid-Afrikaners doodmaak – aangevuur deur woede oor apartheid. Hy sê rekrute is geleer dat die stryd teen die apartheidstelsel gerig was, en nie op ras nie. Kasrils sê die opleiding het klem gelê op die Vryheidsmanifes en die ANC se nie-rassige beginsels:

