
DA kan grootste party in Gauteng word, sê politieke wetenskaplike
Loading player...
Suid-Afrika se plaaslike regeringsverkiesings vind op 4 November plaas, en politieke partye verskerp hul veldtogte. Kosmos 94.1 Nuus het met professor André Duvenhage, ’n politieke wetenskaplike aan die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom, gepraat. Hy sê die DA kan moontlik die grootste party in Gauteng word, maar dit kan belangrike politieke gevolge inhou.

