Afcon verhoog prysgeld vir Vroue-Afrikabeker

Loading player...
Die Konfederasie van Afrika-sokker het die prysgeld vir die Vroue-Afrikabeker, wat Sondag in Marokko begin, aansienlik verhoog. Volgens die nuwe struktuur sal die kampioene nou byna 33 miljoen Namibiese dollar ontvang, die naaswenners 12,4 miljoen dollar, en die span wat derde is, 8,2 miljoen dollar. Elkeen van die 16 nasionale vrouespanne wat deelneem, ontvang 2,5 miljoen dollar. CAF-president Patrice Motsepe sê die finansiële hupstoot beklemtoon hul toewyding aan groei en die langtermyn-volhoubaarheid van vroue-sokker in Afrika:
23 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sonskerm, water en hoede reg – die naweek gaan die hitte kook!

As jy planne vir die naweek het, pak maar jou sonskerm, genoeg water en die grootste hoed wat jy kan kry! Weerkenners waarsku dat bloedige warm toestande die komende paar dae regoor die land sal voortduur. Onafhanklike meteoroloog Vilho Ndeunyema verduidelik:
22 Oct 6AM 1 min

NamRA bied volle kwytskelding van belastingrente en boetes

NamRA doen ’n beroep op belastingbetalers wat nie aan hul belastingverpligtinge voldoen nie om voordeel te trek uit die voortgesette belasting-amnestieprogram voordat dit op 31 Oktober 2026 sluit. NamRA se sentrale streekbestuurder vir registrasie en belastingbetalerdienste, Aune Shikongo, sê die program bied volle kwytskelding van rente en boetes op uitstaande…
22 Oct 6AM 1 min

Oproep om kinderbedelary by kruisings hok te slaan

Daar word gevra vir dringende ingryping oor die toenemende aantal Angolese kinders wat by straatkruisings in Namibië geld by motoriste bedel. Dit volg te midde van bewerings dat sommige kinders aggressief raak en selfs klippe na voertuie gooi wanneer motoriste nie geld gee nie. Michael Nieuwoudt, senior privaatondersoeker by Namibia…
22 Oct 6AM 1 min

Outismeverteenwoordigers kom in November in Windhoek byeen

Windhoek sal die middelpunt van wêreldwye outismevoorspraak wees wanneer die sesde Wêreld-Outisme-organisasie-kongres van 3 tot 5 November plaasvind. Sleutelkwessies soos vroeë intervensie, onderwys, indiensneming, regte en ondersteuning vir ouer outistiese mense sal bespreek word. Bianca Özcan (uitspraak: Iz-jan) van die Outismevereniging van Namibië sê die kongres kom op ’n kritieke…
22 Oct 5AM 1 min