Snoete-goete: Kraanvoëlsensus

Loading player...
Suid-Afrika se ikoniese kraanvoëls het ons hulp nodig. Ná byna 20 jaar word die nasionale Kraanvoëlsensus weer van stapel gestuur, en dié keer kan enige Suid-Afrikaner maklik via WhatsApp deelneem. Die inisiatief sal help om beter te verstaan waar Bloukraanvoëls, Lelkraanvoel. en Mahem- of Kroonkraanvoëls voorkom, hoe hul getalle verander en waar bewaringspogings die nodigste is. Jacqui van der Westhuizen van die Endangered Wildlife Trust sluit by ons aan.
24 Jul 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Snoete-goete: Olifantuitdunning

Ons kyk ons na 'n onderwerp wat nie net oor olifante gaan nie, maar ook oor Suid-Afrika se bewaring, toerisme en internasionale reputasie. ’n Nuwe opname wys dat 60% van internasionale toeriste dit sal oorweeg om eerder ’n ander land te besoek indien olifantuitdunning in Suid-Afrika hervat word. Dr Audrey…
14 Aug 4AM 7 min

ABC van Ouerskap: M - Moedertaalonderrig

Ons is vandag by die letter M in ons ABC van Ouerskap, en M staan vir moedertaalonderrig. Navorsing wys dat kinders wat in hul moedertaal leer, dikwels 'n sterker akademiese grondslag ontwikkel en met meer selfvertroue leer. Maar waarom is moedertaalonderrig so belangrik, en wat beteken dit vir kinders se…
13 Aug 4AM 10 min

Vrouemaand: kleur-en klerekasanalise

Vrouemaand herinner ons daaraan om die ongelooflike vroue in ons lewens te vier – maar ook om onsself nie af te skeep nie. Om goed te lyk gaan nie oor perfeksie nie; dit gaan dikwels daaroor om selfversekerd te voel en die beste weergawe van jouself te wees. Sarina gesels…
6 Aug 6AM 16 min

VERSKILMAKERS: Starfish Projects

Elke kind verdien die kans om veilig te voel, geliefd te wees en met hoop na die toekoms te kan uitsien. Ongelukkig is dit nie die werklikheid vir duisende kwesbare kinders in Suid-Afrika nie. Starfish Projects werk al vyf jaar lank daaraan om 'n verskil te maak deur kinders en…
6 Aug 4AM 14 min

ABC van Ouerskap: L - Lees

Om van kleins af saam met jou kind te lees, is een van die waardevolste geskenke wat jy kan gee. Dit bou nie net taal- en leervaardighede nie, maar versterk ook die band tussen ouer en kind. Hieroor gesels ons vandag met Hannekie Verwoerd. Hannekie Verwoerd, stigter van Luistervink Stories,…
5 Aug 7AM 10 min