Cyril kry tussentydse interdik teen ampsklagondersoek

Loading player...
Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het 'n tussentydse interdik aan president Cyril Ramaphosa toegestaan wat die Parlement se Artikel 89-ampsklagondersoek staak. Die volbank het in 'n verdeelde beslissing bevind die ampsklagkomitee moet sy verrigtinge opskort hangende die uitslag van die hersieningsaansoek, waarin Ramaphosa die wettigheid van die onafhanklike paneel se verslag oor die Phala Phala-aangeleentheid betwis. Regter André le Grange sê die komitee mag intussen nie met openbare verhore voortgaan nie:
24 Jul 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

MISA verwelkom verligting met brandstofheffing as oorwinning vir SAners

Die Motorbedryf-personeelvereniging sê die tydelike verligting ten opsigte van die brandstofheffing, wat deur die minister van Finansies, Enoch Godongwana aangekondig is, is 'n oorwinning vir werkers, hul gesinne en georganiseerde arbeid. Van 4 November tot 1 Desember sal die brandstofheffing met drie-Namibiese-dollar-per-liter vir diesel en een-dollar-50-sent vir petrol verminder word…
22 Oct 3AM 1 min

Veldbrand verwoes meer as 15 000 hektaar in Hardap

Berigte uit die Hardap-streek lui dat ’n groot veldbrand in die Daweb- en Gibeon-kiesafdelings reeds meer as 15 000 hektaar weiveld verwoes het. Die brand, wat Maandag in Daweb aangemeld is, het sedertdien na Gibeon en omliggende gebiede versprei, terwyl sterk winde pogings om dit onder beheer te bring, bemoeilik…
22 Oct 3AM 1 min

Beter belastinginvordering versterk SA se tesourie

Intussen ontvang die Suid-Afrikaanse minister van finansies se mediumtermynbegroting verdere reaksie. Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimumgroep en BetterBond, sê belastinginvorderings was beter as verwag, wat die Nasionale Tesourie in ’n gunstiger posisie plaas. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
22 Oct 1AM 1 min

Shafudah se hersiene begroting onder die loep

Alle oë is vandag op finansminister Ericah Shafudah, wat vanmiddag haar hersiene mediumtermynbegroting in die parlement ter tafel lê. Sy moet onder meer rekening hou met die skerp styging in brandstofpryse sedert Maart weens die oorlog in die Midde-Ooste, asook die finansiële druk weens bek-en-klouseer en moontlike uitdagings rondom die…
22 Oct 1AM 1 min

Gautengse LUR vir Onderwys vra kalmte ná beweerde seksuele aanranding van graad 4-leerder

Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Lebogang Maile, het die Departement se nulverdraagsaamheid teenoor seksuele misbruik herbevestig, nadat 'n graad vier-leerder by die Busisiwe-laerskool in Soweto na bewering deur 'n onderwyser seksueel aangerand is. Die onderwyser is hangende dissiplinêre verrigtinge op voorsorgskorsing geplaas. Maile het Woensdag die skool besoek en…
22 Oct 12AM 1 min