
Gautengse LUR vir Onderwys vra kalmte ná beweerde seksuele aanranding van graad 4-leerder
Loading player...
Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Lebogang Maile, het die Departement se nulverdraagsaamheid teenoor seksuele misbruik herbevestig, nadat 'n graad vier-leerder by die Busisiwe-laerskool in Soweto na bewering deur 'n onderwyser seksueel aangerand is. Die onderwyser is hangende dissiplinêre verrigtinge op voorsorgskorsing geplaas. Maile het Woensdag die skool besoek en sielkundige ondersteuning vir die leerder en haar gesin gereël. Hy het 'n beroep op kalmte gedoen en die gemeenskap versoek om die ondersoek sy gang te laat gaan:

