
Hittegolf sal Namibiese binneland oor naweek tref
Loading player...
Die Namibiese Weerdiens waarsku dat hittegolf-toestande na verwagting tot oor die komende naweek sal voortduur, met temperature wat in sommige gebiede reeds tussen 36 en 42 grade Celsius bereik het. Albertina Anderson sê die weer-modelle dui daarop dat die hitte verder sal toeneem namate die naweek nader kom. Die publiek word gemaan om genoeg water te drink, strawwe buitelugaktiwiteite gedurende die warmste ure te vermy en veral na bejaardes, babas, en troeteldiere om te sien.

