
Jauch: Entrepreneurskap alleen sal nie werkloosheid oplos nie
Loading player...
Arbeidskenner Herbert Jauch sê die werkloosheidskrisis kan nie opgelos word deur van gegradueerdes te verwag om werkskeppers te word nie. Hy voer aan dat die oplossing lê in die transformasie van ’n ekonomie wat nie daarin slaag om genoeg werkgeleenthede met ordentlike vergoeding te skep nie. Sy opmerkings volg ná ’n oproep deur die minister van onderwys, Sanet Steenkamp, vir nouer samewerking tussen universiteite en die sakesektor. Jauch het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê entrepreneurskap alleen kan nie industrialisasie, ’n sterker vervaardigingsektor en doelgerigte staatsbelegging vervang nie.

