
Amutse: Ministerie het tegnologie om diamantpryse te bepaal
Loading player...
Die minister van mynbou en energie, Modestus Amutse, sê die ministerie beskik oor gekwalifiseerde personeel met toegang tot die nodige tegnologie om die waarde van diamante te bepaal. Hy het geantwoord op ’n vraag van IPC-LP Ferdinand Hengombe, wat duidelikheid gesoek het oor hoe die ministerie die pryse van plaaslik geproduseerde diamante bepaal en of dit oor die nodige skanderingstegnologie beskik.

