Die Motorbedryf-personeelvereniging sê die tydelike verligting ten opsigte van die brandstofheffing, wat deur die minister van Finansies, Enoch Godongwana aangekondig is, is 'n oorwinning vir werkers, hul gesinne en georganiseerde arbeid. Van 4 November tot 1 Desember sal die brandstofheffing met drie-Namibiese-dollar-per-liter vir diesel en een-dollar-50-sent vir petrol verminder word…
Berigte uit die Hardap-streek lui dat ’n groot veldbrand in die Daweb- en Gibeon-kiesafdelings reeds meer as 15 000 hektaar weiveld verwoes het. Die brand, wat Maandag in Daweb aangemeld is, het sedertdien na Gibeon en omliggende gebiede versprei, terwyl sterk winde pogings om dit onder beheer te bring, bemoeilik…
Intussen ontvang die Suid-Afrikaanse minister van finansies se mediumtermynbegroting verdere reaksie. Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimumgroep en BetterBond, sê belastinginvorderings was beter as verwag, wat die Nasionale Tesourie in ’n gunstiger posisie plaas. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Alle oë is vandag op finansminister Ericah Shafudah, wat vanmiddag haar hersiene mediumtermynbegroting in die parlement ter tafel lê. Sy moet onder meer rekening hou met die skerp styging in brandstofpryse sedert Maart weens die oorlog in die Midde-Ooste, asook die finansiële druk weens bek-en-klouseer en moontlike uitdagings rondom die…
Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Lebogang Maile, het die Departement se nulverdraagsaamheid teenoor seksuele misbruik herbevestig, nadat 'n graad vier-leerder by die Busisiwe-laerskool in Soweto na bewering deur 'n onderwyser seksueel aangerand is. Die onderwyser is hangende dissiplinêre verrigtinge op voorsorgskorsing geplaas. Maile het Woensdag die skool besoek en…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.