Pogačar ewenaar rekord na Tour de France wen

Loading player...
Die Sloween Tadej Pogačar het met sy vyfde sege in die wedren, die rekord vir Tour de France-oorwinnings geëwenaar, en daarmee sy status as een van die sport se allergrootstes bevestig. Die 27-jarige Pogačar van die Emirates-XRG-span het ses minute en 26 sekondes voor die Belgiese ryer Remco Evenepoel op die algehele punteleer geëindig, met die Mexikaan Isaac del Toro derde. Die laaste skof van die drie weke lange toer is deur die Nederlander Mathieu van der Poel van Alpecin-Premier Tech gewen. Pogačar, wat vyf skofte tydens vanjaar se wedren gewen het, het die oorwinning as spesiaal beskryf:
27 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

MISA verwelkom verligting met brandstofheffing as oorwinning vir SAners

Die Motorbedryf-personeelvereniging sê die tydelike verligting ten opsigte van die brandstofheffing, wat deur die minister van Finansies, Enoch Godongwana aangekondig is, is 'n oorwinning vir werkers, hul gesinne en georganiseerde arbeid. Van 4 November tot 1 Desember sal die brandstofheffing met drie-Namibiese-dollar-per-liter vir diesel en een-dollar-50-sent vir petrol verminder word…
22 Oct 3AM 1 min

Veldbrand verwoes meer as 15 000 hektaar in Hardap

Berigte uit die Hardap-streek lui dat ’n groot veldbrand in die Daweb- en Gibeon-kiesafdelings reeds meer as 15 000 hektaar weiveld verwoes het. Die brand, wat Maandag in Daweb aangemeld is, het sedertdien na Gibeon en omliggende gebiede versprei, terwyl sterk winde pogings om dit onder beheer te bring, bemoeilik…
22 Oct 3AM 1 min

Beter belastinginvordering versterk SA se tesourie

Intussen ontvang die Suid-Afrikaanse minister van finansies se mediumtermynbegroting verdere reaksie. Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimumgroep en BetterBond, sê belastinginvorderings was beter as verwag, wat die Nasionale Tesourie in ’n gunstiger posisie plaas. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
22 Oct 1AM 1 min

Shafudah se hersiene begroting onder die loep

Alle oë is vandag op finansminister Ericah Shafudah, wat vanmiddag haar hersiene mediumtermynbegroting in die parlement ter tafel lê. Sy moet onder meer rekening hou met die skerp styging in brandstofpryse sedert Maart weens die oorlog in die Midde-Ooste, asook die finansiële druk weens bek-en-klouseer en moontlike uitdagings rondom die…
22 Oct 1AM 1 min

Gautengse LUR vir Onderwys vra kalmte ná beweerde seksuele aanranding van graad 4-leerder

Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Lebogang Maile, het die Departement se nulverdraagsaamheid teenoor seksuele misbruik herbevestig, nadat 'n graad vier-leerder by die Busisiwe-laerskool in Soweto na bewering deur 'n onderwyser seksueel aangerand is. Die onderwyser is hangende dissiplinêre verrigtinge op voorsorgskorsing geplaas. Maile het Woensdag die skool besoek en…
22 Oct 12AM 1 min