Woord vir Vandag - 3 Aug 2026

Loading player...
“Sy merk dat haar koopware goed is…” Spreuke 31:18 KAB
Wat jy het, is goed
Kom ons kyk na vier bevrydende waarhede in hierdie Skrifgedeelte: 1) ‘Sy merk dat haar koopware goed is…’ Sy soek nie bevestiging of goedkeuring van haar handelsware nie. Wanneer jy onseker is oor dit wat jy het en dit nie waardeer nie, kan ander mense jou dalk oortuig dat dit nie veel werd is nie. Hierdie vrou, soos ons almal, verlang na aanvaarding en bevestiging, maar sy sal dit nie soek of haarself verwyt as sy dit nie kry nie. 2) ‘Sy merk dat haar koopware goed is…’ Sy verstaan en waardeer dit wat sy na die tafel toe bring. Sy sal nie aan die waarde daarvan twyfel nie; sy sal dit ook nie nodig vind om oor die kwaliteit van haar handelsware te spog nie. Sy sal nie haar neus in trots optrek nie en sy sal ook nie haar oë in valse nederigheid neerslaan nie. Sy het eenvoudig ‘n gebalanseerde en gesonde siening van haar ware. 3) ‘Sy merk dat haar koopware goed is…’ Hier is iemand wat nie deur die goedere van ander handelaars geïntimideer word of onnodig daaroor bekommerd is nie. Gevolglik bestee sy nie haar energie om te vergelyk en mee te ding nie. 4) ‘Sy merk dat haar koopware goed is…’ Sy haak nie vas in die verlede en dink aan die goeie goedere wat sy voorheen gehad het nie. Sy wag ook nie tot haar koopware perfek is voor sy haar doelwit begin nastreef nie. Sy tree eenvoudig in geloof op, nadat sy die beste gedoen het wat sy kon. Haar koopware is goed; môre is in God se hande. Angs het geen plek in haar lewe nie. Die woord vir jou vandag is dus - wat jy het, is goed!
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min