Woord vir Vandag - 4 Aug 2026

Loading player...
“Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders.” Romeine 8:14 NLV
Leer om deur God se Gees gelei te word
As jy ‘n verloste kind van God is, woon die Heilige Gees in jou. Hy sal jou na God se seëninge vir jou eie lewe en na geleenthede om ander te seën, lei. In sommige gevalle kan jou vermoë en bereidwilligheid om die goed bedoelde raad van ander te ignoreer en deur God se Gees gelei te word, ‘n wêreld se verskil vir iemand in nood maak. Admiraal Sir Thomas Williams was in bevel van ‘n skip wat gereeld die Atlantiese Oseaan oorgesteek het. Sy roete het hom in sig van Ascension-eiland, wat grootliks onbewoon was, gebring. Dit was op ‘n keer skaars sigbaar op die horison toe sir Thomas ‘n groot drang gevoel het om sy skip daarheen te stuur. Hoe nader hy aan die eiland gekom het, hoe groter het die dringendheid wat hy gevoel het, geword. Toe hy die bevel gee om na die eiland te vaar, het sy luitenant-offisier hom respekvol daarop gewys dat so ‘n verandering van koers hulle reis baie sou vertraag. Tog het die admiraal vasberade gebly. Die innerlike drang, wat hy as God se leiding herken het, was baie sterk. Toe die skip die eiland nader, het sy bemanning ‘n wit vlag gewaar. ‘Dit moet ‘n teken wees!’ het Williams afgelei. Inderdaad, op die strand het hulle sestien mans, wat baie dae tevore skipbreuk gely het, gekry. Hulle was honger en het amper moed opgegee. Sestien lewens is daardie dag gered omdat ‘n man na die stem van die Heilige Gees in hom geluister en dit gehoorsaam het. Jy kan dit ook doen. ‘Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders.’
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min