Woord vir Vandag - 5 Aug 2026

Loading player...
“…ek is die aanvoerder van die hemelse leër. Ek is nou hier vir julle...” Josua 5:14 NLV
Jy is nie alleen nie, God is by jou!
Die Bybel sê: ‘Josua was in die omgewing van Jerigo toe hy skielik ‘n man voor hom sien staan met ‘n swaard in sy hand. Josua het na hom toe gegaan en vir hom gevra: ‘Is jy ons vriend of ons vyand?’ ‘Nie een nie,’ sê die man, ‘ek is die aanvoerder van die hemelse leër. Ek is nou hier vir julle.’ Josua het op die grond neergeval in aanbidding. Hy vra vir die man: ‘Wat wil Meneer vir sy dienaar sê?’ Die leëraanvoerder van die Here se mag sê toe vir Josua: ‘Trek uit jou skoene. Jy staan op ‘n heilige plek.’ Josua het so gemaak’ (verse 13-15 NLV). Die boodskap hier is onmiskenbaar: Jerigo mag dalk sy mure hê, maar jy, Josua, het meer. Jy het God. Hy is by jou. Is dit nie presies wat jy nodig het nie - om te weet dat God naby is, dat jy nooit alleen is nie en dat die Here jou in jou donkerste uur, in jou diepste vrae, nooit sal verlaat nie? Dawid het gesê: ‘Here, U alleen is my erfenis, my beker van seën. U waarborg my lotsbestemming… Ek prys die Here wat my insig gee… Die Here is altyd by my. Ja, Hy is aan my regterhand, daarom sal ek nie struikel nie. Hieroor is my hart vol vreugde. Ek besing sy lof en rus in veiligheid’ (Psalm 16:5-9 NLV). Staan jy voor ‘n uitdaging van Jerigo- proporsies? Doen dan wat Josua gedoen het: ‘En toe Josua by Jerigo was, slaan hy sy oë op en kyk… daar staan ‘n man teenoor hom met sy ontblote swaard in sy hand…’ (Josua 5:13 KAB23). Jy het lank genoeg na die probleem gekyk. Slaan nou jou oë op na die probleemoplosser - Jesus!
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min