Woord vir Vandag - 6 Aug 2026

Loading player...
Die lewendmaking van die Heilige Gees
Die Bybel is bedoel om oor gebid, gemediteer en uitgeleef te word. Die sleutel daartoe is die lewendmaking van die Heilige Gees. ‘Julle weet baie goed dat God Jesus uit die dood laat opstaan het. Daarom is dit vanselfsprekend dat Hy wat nou deur sy Gees in julle bly, eendag ook elkeen van julle se sterflike liggaam met die hulp van sy Gees lewend sal maak’ (Romeine 8:11 DB). In hierdie geval verwys ‘lewendmaking’ na ons liggaamlike opstanding uit die dood. Die Heilige Gees maak ons egter op meer as een manier lewend. Soms is dit ‘n Godgegewe idee wat deur ons sinapse vuur. Soms is dit ‘n aansporing om in geloof op te tree, in te tree of uit te tree. Soms is dit ‘n woord van wysheid in ‘n moeilike situasie. Die woord ‘lewendmaking’ kan na verskillende dinge verwys. Kom ons kyk na drie daarvan: 1) Om lewend te maak, beteken om te kataliseer. Dink aan ‘n chemiese reaksie. Hebreërs 4:12 sê dat die Woord vol lewenskrag en energie is. Dieselfde Gees wat die skrywers van die Skrif geïnspireer het, inspireer jou ook terwyl jy dit lees. Wanneer die Lewende Woord deur geloof gekataliseer word, vind ‘n bonatuurlike reaksie plaas wat sonde vergewe, vrees verlig, siekte genees, idees inspireer en drome laat waar word. 2) Om lewend te maak beteken om eienaarskap oor te dra. Deur geloof neem ons eienaarskap van die Woord en die Woord neem eienaarskap van ons. Wanneer die Woord lewend gemaak word, beklink dit die ooreenkoms. 3) Om lewend te maak beteken ook om swanger te raak. Wanneer die Woord verwek word, bevrug dit jou met moontlikhede, verander dit jou begeertes, roei dit jou vrese uit en vorm dit Christus se denke in jou.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min