Woord vir Vandag - 7 Aug 2026

Loading player...
“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV
Hoe om woede vir jou te laat werk (1)
Jy kan woede gebruik om die band en intimiteit tussen jou en jou eggenoot te verdiep. ‘n Mens doen dit as volg: 1) Erken die woede. ‘n Persoon wat deur woede beheer word, is nie veilig, gesond of wys nie. ‘Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos ‘n stad sonder ‘n muur wat beskerming bied’ (Spreuke 25:28 NLV). As jy en jou eggenoot kan leer om woede te beheer, in plaas daarvan om deur dit beheer te word, kan dit van onskatbare waarde wees. Vind ‘n manier om julle gevoelens te erken. As jy sukkel om jou woede te beheer, neem eers ‘n tree terug en word kalm. Kom dan terug en hanteer die probleem. 2) Moenie weghardloop nie. As jy werklik in gevaar is, moet jy na veiligheid vlug. As jy egter nie in gevaar is nie, sal jy julle beide se gevoelens bevestig deur te bly en die probleem met jou eggenoot te bespreek. Dis die enigste manier om ‘n oplossing te kry. Besluit om julle kwessies te hanteer wanneer julle kwaad raak. Julle moet dalk ‘n tyd afspreek om dit te doen as julle nie dadelik kan nie, maar moenie te lank wag nie. Probeer ten minste om die probleem aan te spreek voor julle daardie aand gaan slaap. Julle mag dalk nie ‘n oplossing vir die hele probleem vind nie, maar kom ooreen om die situasie te ontlont voor die dag verby is. ‘…Moenie tot die aand toe kwaad bly, en die duiwel so ‘n houvas gee nie’ (Efesiërs 4:26-27 NLV). Indien nodig, maak ‘n tyd vas om die probleem aan te spreek. Julle verdien dit albei, en julle huwelik is dit werd.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min